
=====================================================================
Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak

By die Gariep-fees in Kimberley was die Stigting vir Afrikaans se Stoepstories weer eens 'n treffer. Hier sit 'n skare skoolkinders van 'n 
plaaslike skool, wat verlof gekry het om die pret mee te maak. N die slag wat die program pas vantevore getref het met die heengaan in 'n 
motorongeluk van Tolla van der Merwe, die spil waarom die kaskenades en sgoed gedraai het, is besluit om met die fees se Stoepstories 
voort te gaan as 'n huldeblyk aan die beminlike grapmaker.
---------------------------------------------------------------------
Herman Wasserman doen voorstelle vir 'n verbreding van doelstellings vir Afrikaanse feeste na aanleiding van vanjaar se Aardklop-fees.

Die groeiende reeks Afrikaanse kunstefeeste wat jaarliks op verskeie plekke oor die land gehou word, het die kunstetoneel van Suid-Afrika 
drasties verander. Kunstenaars het nou 'n hele hand vol pasklaar afsetgebiede vir hul werk, met potensile gehore van by die duisende. Die 
suksesverhaal van hierdie kunstefeeste is alombekend. Wat dit alles in ekonomiese terme beteken, nie net vir kunstenaars en maatskappye 
nie, maar ook vir plaaslike gemeenskappe, is uiteraard iets wat allerwe groot glimlagte ontlok.

Pas is die derde Aardklop Nasionale Kunstefees op Potchefstroom gehou. En as die hor kaartjieverkope kunstenaars laat glimlag het (hoewel 
die getalle toon dat daar steeds duisende mense is wat die fees bywoon sonder om produksies te gaan kyk), was daar in totaal ook meer 
mense, wat (te oordeel na hoe vrolik dinge op Cachetplein gegaan het) die hamburger- en boereworsrolverkopers dalk nog brer laat glimlag 
het.

Is die kunstefeeste iets waaroor ook mense vir wie Afrikaans na aan die hart l, kan glimlag? Ja, en miskien soms nee.

Die feeste is 'n impetus vir mense om in Afrikaans te skep. Dit is op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees dat mense mekaar die eerste keer 
opgewonde aangepor het om vir Gert Vlok Nel te gaan luister; dit is Kaktus op die Vlaktes wat Brasse van die Kaap 'n sensasie gemaak het 
onder 'n deel van die Afrikaanse mark wat dalk andersins doof vir sulke stemme sou bly; dit is veral op feeste waar jong sterre soos Pedro 
Kruger, Chris Vorster, Francois Toerien en Nicole Holm geleentheid kry om hul talent aan 'n groot gehoor te demonstreer.

Op entrepreneuriale wyse word met Afrikaans getoor. En dis lekker. Afrikaans moet die naam h van verftaal, singtaal, skryftaal, speeltaal, 
kopoopmaaktaal. Daarvoor is kunstefeeste belangrik.

Maar daar is ook 'n vraag of twee. Vraag nommer een: Kunstefeeste laat mense Afrikaans praat, lewendig, skeppend, balhorig, en daaroor moet 
'n mens bly wees. Maar wie praat daardie huppelende fees-Afrikaans? En met wie word dit gepraat?

Die Afrikaanse kunstefeeste, ondanks al die pogings om "uit te reik" en "voorbrand te maak", weerspiel gewoon nog nie die Afrikaanse 
taalgemeenskap na behore nie. Het dit nie nou prioriteit geword om indringend te gaan sit en ernstig planne te maak oor hoe hierdie leemte 
oorkom kan word nie? Dis in die belang van Afrikaans dat die profiel van die feesgangers verander. Die bestaande feeste self moet verruim 
word. Die aandrang op groter inklusiwiteit is nie 'n negatiewe foutsoekery nie. Dis 'n konstruktiewe pleidooi in belang van die feeste se 
legitimiteit. Maar dis 'n dringende pleidooi.

Is die gebrek aan inklusiwiteit te wyte aan die koste van die kaartjies? Tog nie, want gaan kyk maar hoe goed en deur wie word duurder 
konserte in die Kaap byvoorbeeld bygewoon. (Trouens, by vanjaar se KKNK was die jazzfees juis 'n plek waar 'n mens 'n groter verskeidenheid 
mense aangetref het.) En as net kaartjiekoste die probleem was, het die biertuine ook anders gelyk. Die probleem l eerder by 
programsamestelling wat nie 'n breed genoeg verskeidenheid belangstellings weerspiel nie.

En vraag nommer twee: Praat ons as Afrikaanssprekendes op hierdie feeste net met onsself? En wat s ons? S ons genoeg dinge wat ons 
uitdaag om ons grense te versit?

Dit het nou tyd geword om die feeste meer kulturele grense te laat oorsteek. Die feeste sal nie van die kunskalender verdwyn nie, hulle is 
reeds te gevestig. Daarom hoef Afrikaanssprekendes nie bang te wees om die deure van die voorhuis wyer oop te maak nie. Deur die brer Suid-
Afrikaanse gemeenskap te betrek, kan Afrikaans die plek word waar mense van verskillende agtergronde mekaar ontdek.

Afrikaanssprekendes self kan so verryk word, maar word dan ook die geleentheid gebied om hulself bekend te stel aan mense wat weens die 
verdelinge van die verlede wantrouig staan teenoor Afrikaanssprekendes. Deur binne eie kring te bly ontneem jy Afrikaans die geleentheid om 
in 'n groter arena sy invloed op 'n kreatiewe manier uit te oefen. Jy bevestig vooroordele en stereotiperinge.

Om townships te besoek, spruit dalk uit 'n opregte, goeie ingesteldheid, maar dit het iets weg van 'n sendingaksie, waar mense hul waarheid 
gaan predik pleks daarvan om na ander waarhede te luister. Uitstallings soos di van Willem Boshoff, produksies soos Chris Vorster se 
Kwaggapolitiek en geleenthede soos die digkuns-safari uit Goree, almal vanjaar op Aardklop, is 'n goeie tree in die regte rigting wat 
hierdie verkenning betref.

Waarom peuter met 'n suksesresep? sal sommige mense s. Waarom iets afbreek wat reeds so 'n monument vir die taal is? Sulke reaksies berus 
op die veronderstelling dat voorstelle of kritiek altyd afbrekend is. Dit hoef nie te wees nie  daar is baie maniere waarop hierdie 
doelstellings konstruktief nagestreef kan word.

Wat van 'n herfs- of lenteskool by die feeste, waar nie-Afrikaanssprekers Afrikaans kan leer en blootgestel word aan Afrikaanse kuns? En 
waar Afrikaanssprekendes ander tale kan leer? Wat van rondleidings by kunsuitstallings en voorafpraatjies by produksies waar kenners uit 
verskillende agtergronde menings oor die werke gee, sodat ons kan hoor wat dink iemand uit Soweto van die Boetman-debakel of iemand uit 
Venda van Willem Boshoff se installasie oor divinasiepraktyke?

Wat van boekbesprekings waar Afrikaanse, Engelse, Sotho-, Tswana-, Zoeloe- en Xhosaskrywers om 'n tafel sit en gedagtes wissel met die 
gehoor? Wat van 'n sentrale tema vir 'n fees, waarvoor mense uit verskillende tradisies gevra word om werke voor te l?

Idealisties? Naef? Dalk. Soos hulle s: die glas is f half leeg f half vol. Herman Wasserman is lid van die kunsredaksie van Die Burger.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7437.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

